Wednesday 26 February 2014

Munisipaliteite kan nou op ontwikkelingsmoontlikhede uitbrei

Munisipaliteite gaan ’n totale bedrag van R105 miljard vanuit die staatskas ontvang gedurende die volgende finansiële jaar om te help met die oprigting en instandhouding van die nodige infrastruktuur.
Só het Pravin Gordhan, minister van finansies, gister in die Parlement tydens sy vyfde begrotingsrede aangekondig. Dit vorm alles deel van Gordhan se oorkoepelende plan om die “fragmentasie van Suid-Afrika se munisipaliteite” oor die afgelope paar jaar teen te werk.
Volgens die minister is so ’n inisiatief slegs moontlik indien daar op ’n mikro-vlak gekyk word na hoe munisipaliteite beter met hul staatsubsidies kan omgaan om die lewens van die alledaagse man op straat te verbeter.
Volgens Judex Oberholdzer, ’n ontwikkelings-ekonoom en hoofuitvoerende beampte van Urban-Econ Development Economists, is dit verfrissend dat Gordhan vanjaar spesifiek gekies het om in sy begrotingsrede te verwys na hierdie mikro-ekonomiese aspekte op ’n plaaslike vlak.
Hy verduidelik dat die onderhoud en uitbreiding van infrastruktuur deur munisipaliteite op hierdie vlak van kardinale belang is vir ekonomiese groei in Suid-Afrika. “Dit sal veral meer beleggersekerheid bring in die kommersiële-eiendomsmark indien munisipale-dienslewering kan verbeter en toegang verkry kan word tot infrastruktuur-kapitaal. Beleggings in eiendomsontwikkeling vorm die grootste bydraende element van plaaslike ekonomiese ontwikkeling en sulke beleggings kan net suksesvol wees binne ’n raamwerk van suksesvolle plaaslike bestuur.”
Oberholdzer verwys ook deels na ’n ander aspek wat Gordhan spesifiek in sy toespraak aangeraak het, naamlik die belangrikheid van die privaatsektor om die ekonomie van Suid-Afrika aan te hou stimuleer. Indien daar dus gepoog gaan word om dienslewering in munisipaliteite genoegsaam te verbeter en in stand te hou, sal die ekonomiese potensiaal van ’n dorp of stad “dienooreenkomstig toeneem en meer beleggers lok,” meen Oberholdzer.
“Die probleem is egter dat ’n persoon nie weet hoe lank hierdie beleid van die minister gaan neem om geïmplementeer te word nie,” voeg Oberholdzer by. “Indien daar deur munisipaliteite gesloer gaan word om daadwerklik skouer aan die wiel te sit, mag die goeie en broodnodige toegewings van die minister dalk nie die gewenste ekonomiese inspuiting tot gevolg hê nie.” 
Dit beteken ook die implementeringsvermoë van munisipaliteite moet verbeter in oorleg met die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan. Dit is ’n aspek wat volgens Oberholdzer direk inskakel by die kwessie van ontwikkelingsmoontlikhede by die verskillende munisipaliteite aangesien die verantwoordelikheid hiervoor binnekort by die munisipaliteite self gaan lê en nie meer by die provinsiale regering nie.

“Gelukkig het Gordhan ’n duidelike begrip van die Nasionale Ontwikkelingsplan en is dit gerusstellend dat hy Suid-Afrika in daardie opsig in die regte rigting wil stuur,” het Oberholdzer bygevoeg. “Die bal is egter nou in die baan van die munisipaliteite.” 

Monday 17 February 2014

Bridging the barrier of ‘black’

STELLENBOSCH. – The local chapter of the nationwide organization the Black Management Forum (BMF) is looking to recruit more multi-racial members in 2014 to better diversify the society as a whole.
To accomplish this, the BMF is faced with the battle of bridging the barrier created and implied by their name. This can only be achieved by “changing people’s perceptions” explains the current treasurer for 2014, Pumla Msibi, who also manned the recruitment station in the Neelsie Student Center. She adds that the committee decided to use ‘Don’t be afraid of the B(e)’ as their slogan for the year in the hope that it will help them to better achieve their goal since people of other races seldom approach her table.
According to Vincent Moloto, the current chairperson, the racial demographic expansion of the organization is not coming of the ground at all due to a name that knowingly causes a barrier for non-black students to join. “We understand that seeing the word ‘black’ in Black Management Forum creates this idea that the society is only open to black people, even though that is not the case.”
Due to a distinct reluctance from bureaucratic leaders higher up the BMF’s corporate ladder, the name of the organization has not changed since it was founded in 1978. “The BMF is a historic body that traces its origins to the Apartheid era when it was aimed at improving the lives only black South Africans,” Moloto clarifies. But today, twenty years into our democracy, he feels that the younger generations of BMF-leaders needs to re-evaluate the use of the word ‘black’ because without change the hope of diversifying enough to include as many members from all of South Africa’s races as possible will be nothing more than a dream.
Consequently the local BMF chapter is going the extra mile to try and recruit more new non-black members into the society. Above and beyond the use of the slogan to lure and satisfy potential members, the BMF is again planning to team up with the mainly Afrikaans society Adam Tas for their annual Heritage-day festivities in September. The Lesbigay society is also on the invitation list. The hope is that by mingling in an informal setting around a braai will show the openness of the BMF to other races and groups.
The final sum of new recruits that have already signed up during recruitment week in the Neelsie is yet to be tallied, but the expectations are for the number to be around the 120 mark. Furthermore the specific racial classification of these new recruits is also still to be determined.

Moloto is confident that their campaign will bare fruit, but admits that getting more white, coloured and Indian members is only the first step in creating a multi-racial society. He adds that the next important step will be to get these members to actively participate in the society and not just merely be “a name on a member’s list”. 

Sunday 9 February 2014

Drankmisbruik steek opnuut kopuit by Vensters 2014

Deur Petrus Malherbe

Een-en-twintig koshuispare van die Universiteit van Stellenbosch het verlede Vrydag oudergewoonte weer kragte saamgespan om die jaarlikse hoogtepunt van die verwelkomingsweek vir nuwe eerstejaarstudente ’n fees van musiek en dans te maak.
Waar ’n persoon sou dink dat die feestelikheid in der waarheid eintlik moet draai om die vertonings self, het hierdie jaarlikse tradisie begin om ’n veel ernstiger onderliggende sosiale probleem op Stellenbosch te ontbloot: drankmisbruik. Vensters 2014 was geen uitsondering nie.
By ’n groot geleentheid soos hierdie word die belangrikheid van veiligheid hoog op prys gestel.
Volgens Inge Rist, voorsitter van die komitee vir veiligheid tydens die verwelkomingsweek, word tot soveel as 90% van alle ongewenste gebeure tydens Vensters deur dronkenskap veroorsaak. “Mense is net daar vir die partytjie.”
Rist meen selfs al het die Universiteit in onlangse jare die gebruik van sogenaamde “alkohol monitors” ingestel, dat hierdie sisteem nie eens kan hoop om ’n volhoubare oplossing vir die probleem te wees nie. Al word daar van hierdie monitors verwag om enige drank by ’n student weg te neem wat ’n vertoning wil bywoon, is dit moeilik vir ’n dame om ’n volwasse man se drankbottel by hom weg te raap en bloot te hoop hy skop nie ’n bohaai op nie, verduidelik sy.
Talia Cullinan, onder-primaria vir Sonop dameskoshuis, maan dat dit in realiteit nie vanjaar gehelp het om studente se drankies by hulle af te neem nie, want sommige kom reeds so dronk by Vensters aan dat dit te laat is om ’n verskil te probeer maak. Vyf dronk studente het vanjaar selfs gepoog om deur die versperrings by Eendrag manskoshuis te breek. 
By Vensters 2014 is die afneem van drankies heeltemal deur sommige studente gesystap omdat drank deur die versperrings aangegee is aan diegene wat reeds binne was, vertel Rist. Lede van die manswyk Libertas het glo selfs van hierdie alkohol dan aan eerstejaarstudente gegee in ’n poging om die hele affêre “meer draaglik” vir hulle te maak.
Huiskomitee-lede, wat op sigself as gevolg van hulle gesagsposisies verantwoordelik is om toe te sien dat sulke goed nie gebeur nie, kies meermale om die ander pad te kyk. Karll Abels, primarius van die gemengde wyk Aurora, meen dat dit vir hulle onmoontlik is om ’n beheer oor almal uit te oefen, want studente “maak net wat hulle wil.”
’n Eerstejaar van Lydia dameskoshuis, Lize Scribante, wie vanjaar saam met Aurora aan Vensters deelgeneem het, vertel dat sy duidelik kon sien dat sommige van Aurora se eerstejaars alreeds “goed gekuier” was voor hulle die verhoog die eerste keer om 18:00 bestyg het.
Volgens Melany le Roux van Kampussekuriteit het die Universiteit nie veel meer opsies as om net elke jaar nog sekuriteitspersoneel in te koop om bo en behalwe die bestaande kampussekuriteit te probeer om wet en orde te handhaaf nie. Rist glo egter dat die situasie slegs verbeter sal word indien iedere en elke dronk student heeltemal vanaf Vensters verban kan word.  

HK-lede van Libertas kon nie vir kommentaar bereik word nie.