Thursday 31 July 2014

The eight ways online writing differs from print...and then some

The world is in an ever increasing manner moving online. We are more connected than ever before. Our phones sync with our tablets syncing with our pc's back home to turn on the kettle and make the coffee on top of that. With this move to digital, the world of journalism has also changed dramatically. Students studying the art of journalistic practice needs to be educated in how to write effectively not only for print, but also online.


And these differences are quite substantial. According to this website, there are eight distinguishable things any prospective writer for an online publication should remember:
1. Keep it short 'n sweet
Reading on your computer screen can become a strenuous activity to the eyes. It is therefore of the utmost importance that writers should keep their online stories nice and short. Much shorter than the print equivalent. People like to be able to read through a story quickly.
2. Break it up!
If you do need to include a long piece of copy, rather break it up into various pages than posting it all on one long page. Psychologically this might fool your reader into believing the copy is not that long.
3. Write in the active voice
This is the same as with print. Always write in the now with the Subject-Verb-Object format at hand. 
4. Use the inverted pyramid
Like in general news writing this is also of importance for web. Give the most important news first. Follow on that with elaborations and detail.  
5. Highlight key words
When used sparingly, highlighting certain pieces of text can accentuate important parts of the story and help a reader find information they are looking for.
6. Make use of bullets and numbered lists
Everybody loves lists. Make them. Use them wisely to tell a story in a creative way. 
7. Use sub-headings
Sub-headings are another great way to help your reader to distinguish between sections of a story and letting them know where to find specific information they might be looking for.
8. Use hyperlinks whenever you can
Use hyperlinks to link the reader to other interesting sites about your topic that they might enjoy. This is probably the best part of web-writing that you can never do in print.

The important thing to remember if you are writing for online is that you can easily aggregate a large amount of information from various sources. Especially in news writing a journalist can find a story of various social media platforms such as Twitter and Facebook.



The good thing about using these platforms is that they are usable in your own blog. Twitter allows embedded tweets straight into your blog, like this one, complete with its media intact:
Being online also gives the writer the opportunity to employ various techniques in presenting his or her story. In stead of just writing about an event, a person can now also embed a video or a clip from SoundCloud into their posts to enhance the story. See for example the effective use of a timeline to tell this story of the life of Nelson Mandela.

This audio clip was posted on SoundCloud by a church group on how to write for the web. The same strategies apply for any publication online.

Online is also a very visual medium. It is where you have free range to post anything from text to complex sites using both video's and text to tell the story. Most major news websites like the BBC, News24 and SkyNews use a mixture of elements to visually tell a story. This includes the use of a lot of video's. For example this story on SkyNews leads with a video followed by minimal text interspersed with many photo's.

After all is said and done, you can spread the love by tweeting and posting about your story to your followers online. This gets the news out much quicker than it ever would have in print.


So next time, try to get your news out in the most creative way possible. And that can only be done on the wonderful World Wide Web.






Bloemfontein shopping centre evacuated

A shopping centre in Bloemfontein was evacuated on Thursday morning after a bomb threat, News24 reported. The news aggregator quoted a tweet from OFM reporting eyewitnesses describing a hostage situation at the centre.

Reports are coming in that an anonymous caller said that a bomb would detonate at 11 am. After this, the entire centre was quickly evacuated.


The city's bomb squad was quickly deployed to help with the search for the possible device. About an hour after the evacuation started, the centre was still being searched, but no device has been found.


People on the Twittersphere expressed shock, but also viewed the situation with humor saying it is quite surprising that anyone would want to bomb Bloemfontein.

Soon after this, the mall was cleared and the situation over.

Attempt at making a timeline

Dear reader,

I am not a creepy Jennifer Lawrence fan (okay, maybe I am), but this timeline was created as a class experiment and does not mean this blog will turn into a celebrity fan-fest. So enjoy the timeline for what it is! 

Wednesday 30 July 2014

Storie-kry is nie altyd lekker-kry! Maar tog...

Hulle lewe is nie aldag maklik nie; inteendeel. Soos 'n spul opeengehoopde loskop hoenders word hulle saamgegooi in die groot glashok weggesteek in Crozierstraat. Wat maak hulle daarbinne? Wie is hierdie geheimsinnige groep nou eintlik? Petrus Malherbe het op 'n heel meta-wyse sy klasmaats agtervolg een middag opsoek na 'n storie.

Die opdrag: dis middagete op Matieland...Wat is nuus?

Daar word spottenderwys tussen die glashok se vier mure gefluister hulle laat ons net uit as ons met nuus moet terugkom. Dit is nie altyd maklik of lekker om kreatief te werk te gaan met jou omgewing opsoek na nuus nie. Maar waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!

Gelukkig was die Rooiplein tot barstens toe vol studente. Dis Matie-week op kampus.

Verward staan Alita Wilkens en wonder waarheen nou...

"Hier is so baie mense, maar ek weet nie wat om hulle te vra nie," sê sy. "Miskien sal die stories eers uitkom nadat hulle 'n paar glase wyn inhet."

Dit is vandag #WynOpDieRooiplein en duisende studente staan saamgedrom rondom lendelam tafeltjies en kry klein slukkies van die beste Bolandse wyne. Etlike klasmaats skarrel rond met fyn oë en notaboekies opsoek na iemand wat uitstaan tussen die skares om oor verslag te doen.

Skynbaar is dié Matie-studente vandag gans en al te rustig. Vir Alita gaan daar geen storie hier wees nie.

Sy baan haar weg deur die skares heen. Die Neelsie is self 'n nes van gesigte oppad na iewers en nêrens. Sy hoor 'n kug. Sy kry skielik 'n briljante plan. Sy stuur dadelik 'n Tweet uit.

Vir haar staan die saak nou so: mense raak siek. Die hele tyd, maar veral nou in die winter. Sal daar dalk nie 'n storie wees om te kyk na watter medikasie siek studente moet kry hierdie winter nie? Gou stap sy by die apteek in om meer te gaan uitvind oor die beste medikasie. Die apteker-tannies is vriendelik en bedagsaam. Alita se glimlag maak wyd vir haar deure oop.
Gou is sy weer daaruit, slaggereed met 'n praktiese lys van moet's-en-moenie's vir die winter.

Gaan kyk na wat sy mee vorendag gekom het hier.









Tamsyn Lunt verlaat die glashok met presies dieselfde dilemma: wat is nuus op kampus vandag? "Ek dink nie daar gaan vandag iets drasties op die Rooiplein gebeur nie," sê sy gou, "maar dis eersdaags Sêr en daarin lê altyd 'n storie."

Tamsyn kyk fyn of sy nie iemand raaksien wat sy weet in Sêr vanjaar gaan sing nie. Haar opsies is bykans legio: hierdie dame ken omtrent almal wat verbykom. Slaggereed met haar iPhone trek sy 'n eerstejaar nader wat saam met haar in Lydia-dameskoshuis is: "Wat dink jy van vanjaar se Sêr, Tanya?" Tanya trippel nie op haar tone nie en kort voor lank is Tamsyn daar weg met 'n lekker storie.

Vir die vier dinge wat elkeen vanjaar van Sêr moet weet, gaan kyk na wat Tamsyn kwytraak hier.

Binne in die Neelsie staan William Horne en Roxanne Eastes en soek verwoed op Twitter na trending onderwerpe op Twitter.

Beide Roxanne en William het besluit om die mengelmoes skares op die Rooiplein as hoeksteen vir hul onderskeie stories te gebruik, maar moet nou eers die regte invalshoek kry.





William besluit om sy vernuftige kennis van toepassings te gebruik om 'n video-greep van die skares op Magisto te maak. Magisto is 'n kragtige toep wat videogrepe vir die gebruiker saamstel in 'n koherende geheel. Dit maak enige joernalis se lewe makliker, want dit spaar baie tyd om eers die video self te moet redigeer.

By die video het William ook 'n kort stukkie teks geskryf, wat jy hier kan lees. Die video kan jy ook onderaan hierdie skrywe sien.










Teen die einde van die dag het al 24 joernalistieke studente met stories na die klas teruggekeer. Dit is inderhaas getik, geredigeer en op elkeen se individuele blogs geplaas. Wys net: waar daar 'n wil is, is daar 'n weg! Veelsydig, flink en vinnig: dis die joernalistieke klas van 2014!

Lekker lees!




















Wednesday 23 July 2014

Tolkprogram lei steeds tot kloof van hare

“Ek voel dosente moet praat in die taal waarin hulle die gemaklikste is, en as die studente nie verstaan nie, moet daar ’n opsie vir hulle beskikbaar wees.”
Só meen Anneke van Heerden, ’n student aan die Universiteit van Stellenbosch, oor die kontroversiële taaldebat wat steeds by hierdie instansie woed.
“Mense maak die keuse om na ’n Afrikaanssprekende universiteit te kom, so ek vind dit onnodig dat almal moet dans na die pype van die minderheid wat nie Afrikaans verstaan nie en alles Engels wil maak.”
As oorbrugging vir die netelige probleem van taalgebruik binne die klaskamer, het die universiteit in onlangse maande ’n uitgebreide tolkprogram van stapel gestuur.
Volgens Professor Albert Grundlingh, hoof: Departement Geskiedenis, is hy ongemaklik met die idee dat iemand in sy klas sit “en soos ’n buikspreker my woorde na-aap.”
Net soos met die destydse implementering van die T-opsie, te wete die aanbieding van ’n klas in 50% Afrikaans, 50% Engels, word die tolkprogram nie oral op kampus dieselfde ontvang nie.
Volgens Professor Leon de Stadler, hoof: Universiteit Stellenbosch Taalsentrum, word die kampus deur ’n baie komplekse taalprobleem in die gesig gestaar.
“Daarom moet ons ’n vindingryke oplossing vind. Tolking is bloot een daarvan.”
De Stadler verduidelik dat die Universiteit bewus is daarvan dat die tolkprogram dalk ’n tydjie sal vat om aan gewoond te raak. Tans word dit nog net by drie fakulteite ingespan, maar planne is in die pyplyn om dit na veel meer uit te brei.
Grundlingh voel ’n tolk in sy klaskamer sal ’n steurnis wees. “Deel van die klas gebeur spontaan. Die dosent maak grappies tussen-deur. As iemand dit eers gaan moet vertaal en verduidelik, gaan dit wegneem aan die klas se onmiddellikheid en die rapport tussen student en dosent.”
Hierop sê De Stadler dat dosente daarvan bewus moet wees dat tolking ’n vennootskap is. “Die dosent en die tolk moet vooraf bespreek hoe die klas gaan verloop. Dit beteken natuurlik bietjie ekstra voorbereiding en moeite vir die dosent, maar niks wat die moeite werd is kom vanself nie.”
Internasionale student Matilda Randle glo die tolkprogram kan baie suksesvol wees. “Ek kan verstaan hoekom Stellenbosch so verbintenis met Afrikaans het en ek respekteer dit. Daarom dink ek die gebruik van tolke is die perfekte oplossing. Die dosent kan in sy moedertaal klasgee, en ek kan alles volg wat gebeur.”
Volgens Luke da Silva, ’n student aan die Regsfakulteit, kan daar egter moontlike probleme intree met tolking wanneer komplekse terminologie en konsepte verduidelik moet word. “As die tolk die dosent verkeerd interpreteer, leer ons dalk ’n hele konsep verkeerd.”

Volgens De Stadler duur die ondersoek na die haalbaarheid van die tolkprogram voort. 

Wie se Jeugdag is dit nou eintlik?

Tydens verlede  jaar se Jeugdag-vieringe in Newcastle in KwaZulu-Natal het die voormalige Minister van Kuns en Kultuur, Paul Mashatile, ’n krans gelê op die grafsteen van Siphiwe Zuma, eertydse president van die South African Student Congress.
Siphiwe is in 2002 op die ouderdom van 23 oorlede.
In sy kort toespraak, het Mashatile gesê: “Vandag is ’n belangrike dag waartydens ons gevalle helde uit die struggle soos Siphiwe onthou.”
Dit is sulke woorde wat my soms rooi onder die kraag laat. Ek is seker Siphiwe Zuma was geliefd en belangrik vir sy vriende en familie, maar om hom tydens amptelike Jeugdag-vieringe uit te sonder vir “sy rol tydens die struggle” is blote propaganda.
Jeugdag is veronderstel om die heldhaftige dade van die talle studente wat op 16 Junie 1976 en daarna dood is, te herdenk. Siphiwe was nog nie eers in 1976 gebore nie. Hy was skaars tien jaar oud toe oudpresident Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat is.
Hy was net so min deel van die “struggle” as wat ek was.
Waarom onthou ons nie meer die skoolgaande jeug op Jeugdag nie? Waarom het hierdie dag in niks minder ontaard as ’n politieke spreekbuis waar politieke partye nie net fokus op die verkeerde ‘helde’ van die struggle nie, maar ook op die verkeerde ouderdomsgroep?
Politici het duidelik vergeet wat die woord ‘jeug’ beteken. Let bietjie op wie fokus President Jacob Zuma in elke droë Jeugdag-toespraak. Sy pleidooi teen alles van dwelms, gangsterisme tot onmoontlike beloftes van werk, geluk en blydskap vir die “jeug van vandag”, is totaal en al nie gemik op die “jeug van vandag” nie.
Myns insiens is die jeug beslis nie elke Jan Rap en sy maat onder die ouderdom van 30 nie. Op 24 is ek net so min deel van die jeug as my ouma van 83. Op hierdie ouderdom is ons alreeds volwassenes.
Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal beteken “jeug” die toestand en tydperk van jonk wees; die tydperk tussen puberteit en volwassenheid.
Dus nie jou drie-en-twintigjarige dwelmverslaafde werklose nie.
Daarom wil ek vra: gee Jeugdag terug vir die jeug. Gee dit terug vir die jongmense, die tussen-tien-en-agtienjariges. Gee dit terug vir die kinders van 1976.   
In stede daarvan om massa byeenkomste te reël waar jong volwassenes gemaan word om minder te drink, te rook en te kafoefel, help die land se tieners eerder met daardie goed wat hulle lewens in die nou kan verryk.
Hier dink mens aan alledaagse vaardighede soos hoe om ’n kamera te gebruik of hoe om te swem en vis te vang. Leer kinders perdry. Leer hulle die belangrikheid van oefening, spanbou en gesonde kompetisie.
In stede van massa byeenkomste waar ’n kind gelok word deur ’n bord kos vir ’n dag, help hulle eerder om die nodige vaardighede te bekom om later in hul lewens self te weet hoe om ’n bord kos te voorsien.
Opvoeding kan ’n kind net so ver bring. Om te weet hoe die chemiese samestelling van salpetersuur daarna uitsien is goed en wel, maar wat van vaardighede in menswees?
Benut die naweek rondom Jeugdag beter. Reël werkswinkels waar daar met tieners op ’n persoonlike vlak omgegaan word.
Verduidelik aan tiener seuns en meisies wat die gevolge van seks inhou. Vertel hulle watter veranderinge aan ’n meisie se liggaam plaasvind wanneer sy swanger raak. As hulle die gevolge verstaan, sal dit hulle eerder weerhou daarvan om die dade onverantwoordelik te pleeg.
So volgende keer, in plaas daarvan om die fokus opnuut te laat val op daardie sukkelende jong volwassene in sy twintigs, weet dit: hulle is oud genoeg om vir hulself te sorg.

Kyk eerder weer na die jeug, die ware jeug, en besorg Jeugdag terug aan hulle. Dit is waar die verskil gemaak kan word.  

Wipwaentjierit oor die tydsgrens heen

X-Men: Days of Future Past: Aksie/Fantasie; Regie: Bryan Singer; Spelers: Hugh Jackman, James McAvoy, Michael Fassbender, Jennifer Lawrence, Patrick Steward, Ian McKellen; Ouderdomsbeperking: PG-13 V; Speeltyd: 131 minute.
«««««««««
Skaars tien minute ná die openingstonele van X-Men: Days of Future Past begin daar ʼn besef by die kyker posvat – in die wyse woorde van Professor Xavier: “This is some future-shite.”
Dis ʼn glibberige pad volop duwweltjies wanneer ʼn fliek kies om tussen tydlyne rond te spring. Days of Future Past vat dit nog ʼn stappie verder. Buiten die tydspronge tussen die hede en verlede, spring dit ook rond tussen die storielyne van die ses vorige films in hierdie ongelooflik suksesvolle reeks.
Chronologies is Days of Future Past gelyktydig ʼn opvolg van 2011 se X-Men: First Class, sowel as 2006 se X-Men: The Last Stand. Stilisties is dit egter anders as enige van dié twee voorafgaande toevoegings.
Dis soortvan ’n hibriede kombinasie tussen Inception (storie binne ’n storie) en The Terminator (die toekoms wat met die verlede verstrengel raak), maar steeds X-Men in hart en siel.
Kortom: dis 2023 en die einde van die wêreld soos ons mutant vriende, Professor Xavier (Patrick Steward), Magneto (Ian McKellen), Wolverine (Hugh Jackman) en vele ander dit ken. Die wêreld is oorgeneem deur futuristiese monsters genoem “Sentinels”.
Ná Mystique (Jennifer Lawrence) ʼn goedbedoelde, maar ernstige oordeelsfout in die 1970’s begaan, gee dit aan wetenskaplike en mutant-hater Bolivar Trask (Peter Dinklage) die kans om haar DNS in sy Sentinels te gebruik.
Aangesien Mystique van voorkoms kan verander, beteken dit hierdie monsters kan nou ook. Trask het hulle geprogrammeer met net een doel: maak alle mutants dood.
So vanuit die toekoms stuur ouer Xavier en ouer Magneto vir Wolverine terug na die verlede om jonger Xavier (James McAvoy) en jonger Magneto (Michael Fassbender) te oorreed om saam vir Mystique te keer. Die twee is mos aartsvyande, onthou.
Wat volg is ʼn wipwaentjie-rit tussen die hede en die verlede met ou en nuwe karakters vanuit al die voorafgaande films wat verrassende verskynings maak.  
Die regisseur van die eerste twee X-Men-prente, Bryan Singer, maak ook meer as ʼn dekade later weer sy buiging agter die lens.
Net soos in X2 maak Singer ook hier puik van sy spelers gebruik, beide die gevestigde gunstelinge soos Wolverine en nuwelinge soos Quicksilver (Evan Peters).
Hy weet hoe om die emosionele band tussen die karakters binne die groter prentjie en tussen die tydlyne deur fyn te balanseer.  Ons gee regtig om wat met elkeen gebeur.
Die vermenging van historiese waarhede binne die komplekse storielyn is ook verfrissend en lekker om na op te let. President Richard Nixon (Mark Camacho) speel byvoorbeeld ’n sleutelrol in die aksie.
Singer laat die 1970’s weer cool lyk.
In sy weergawe word die verlede ook graag herskryf, soos wanneer ’n reuse bofbalstadion kaplaks die Withuis omring en Nixon binne vaskeer.
Die film is propvol sulke aksietonele. Dit is baie keer Singer se fyn aandag aan tydruimtelike detail wat beïndruk en so die spronge tussen tydsones duideliker aan die kyker maak. 

Slotsom: liefhebbers van dié genre, wees gerus. Ongeag die toekoms of die verlede, die tyd vir X-Men: Days of Future Past is beslis nou. 

Soos die perd wat dagga gevreet het

Chris Hunsinger is opgewonde oor sy nuwe rol as DA-parlementslid vir die volgende vyf jaar. Hy vertel vir Petrus Malherbe oor die uitdagings wat hom in die gesig staar, hoe hy dit persoonlik sowel as professioneel hanteer, sowel as waar sy politieke aspirasies en drome vandaan kom.
Vanaf sy huis se ruim stoep op die buitewyke van Malmesbury, kan pas-aangestelde DA-parlementslid Chris Hunsinger nie juis die teerpad sien wat wyd oor die Swartland in die rigting van Kaapstad kronkel nie. Maar hy hoef ook nie. Hy weet presies hoe dit loop; elke kontoer en draai ken hy immers, want vir iemand soos hy – wat die sowat 70 kilometer stad toe daagliks heen-en-weer moet aanpak – kan dit nie anders nie.
“Ry is die maklike een! Dis die balansering van familie- en werk-tyd waar die moeilikheid lê. Sien, as politikus verloor jy die aanspraak op jou eie tyd. Jy raak as’t ware die publiek se besitting.”
Ek vra hoe sy vrou, Karen, dit hanteer.
“Moeilik. Vir ons is dit maar ʼn spanpoging. My vrou en familie verstaan hoekom ek so gereeld van die eettafel af moet opstaan en in my kar klim en êrens heen ry. Bloot omdat dit noodsaaklik is op daardie dag. Die telefoonoproep kom in, en dan moet ek weg wees.”
Politiek is Chris se lewe. Hy is alreeds aktief daarby betrokke lank voordat hy opgekommandeer was om diensplig te verrig.
“Dit was die 1980’s gewees. Ná matriek het ek eers gaan studeer.”
Aan Stellenbosch?
“Natuurlik, waar dan anders?” antwoord hy trots.
“In my studentejare het ek betrokke geraak eerstens by die United Democratic Front en later by die Nasionale Demokratiese Beweging.”
Beide hierdie partye was deel van die oorkoepelende anti-apartheidsbeweging van die vroeë 1980’s. Die UDF is destyds deur Alan Boesak begin met ander bekendes soos aartsbiskop Desmond Tutu, Albertina Sisulu en Helen Joseph wat leierskapposisies beklee het.
“Ek het vir Wynand Malan in 1983 gevolg toe hy die Nasionale Demokratiese Beweging begin het. Malan het weggebreek van die heersende Nasionale Party om die NDB te vorm. Ek is toe aangestel as dié party se provinsiale leier van die jeugvleuel.”

ʼn Komplekse reeks gebeure volg en Chris sukkel self om die tydlyn na soveel jaar weer uit te pluis.
“Wag, laat ek nou eers my datums agtermekaar kry. Malan stig toe die NDB, ja. Denis Worrall stig toe die Onafhanklike Party en die twee partye het, tesame met die Progressiewe Federale Party van Colin Eglin deur die loop van die 1980’s polities links van die NP gestaan.”
In 1989 sou hierdie drie partye saamsmelt om uiteindelik die voorganger van vandag se Demokratiese Alliansie, die Demokratiese Party, te vorm. Zach de Beer en Tony Leon het uit die bresse getree as leiers van die DP.
“Maar toe trou ek – jonk, sommer op 21. En die verantwoordelikhede van ʼn getroude lewe kry toe voorkeur, want in daardie jare het jy nie vergoeding gekry as jy net ʼn politikus was nie.”
Chris en Karen is in 1983 getroud. Hulle het twee kinders. Karen is ’n maatskaplike werker.
Tussendeur kinders grootmaak en sy eie bouhandel-besigheid bestuur, het Chris steeds ʼn groot gedeelte aan sy politieke droom afgestaan.
“Dit was soos my stokperdjie. Ek was deurentyd betrokke by die Swartland-munisipaliteit op ʼn wykskomitee-vlak, totdat ek my besigheid verkoop het en ʼn voltydse makelaar geraak het.”
Finansies en finansiële-bestuur is onlosmaaklik deel van Chris. As raadslid van die Swartland-munisipaliteit se Uitvoerende Burgemeesterskomitee sedert 2011, was hy verantwoordelik vir ekonomiese ontwikkeling en finansies. Later het hy as provinsiale voorsitter van SALGA (South African Local Government Association) ook die verantwoordelikheid van munisipale bestuur gedra.
Sy posisie as raadslid het hom die geleentheid gegee om binne die kwessie van ’n jaar van een belangrike posisie binne die DA na die ander te spring. Vir ’n leek soos ek verduidelik Chris op ’n briljante wyse hoe ’n politikus vooruitgang maak nie net in sy loopbaan nie, maar ook binne sy party.
 “Jy moet altyd die metafoor van ’n treinspoor oproep. Die een spoor is die politieke spoor, te wete die funksionering van die politieke party waarin jy is. Op hierdie spoor het jy sekere posisies en strewes. Parallel daaraan loop die spoor van jou loopbaan, die kant waarop jy funksioneer as Raadslid, as Parlementslid. Die uitdaging is om hierdie twee bane te balanseer. Sommige fokus so aan die loopbaan kant, dat hulle nie meer aktief binne die party is nie en dan val hulle uit.
“Elke vyf jaar is ons almal basies weer werkloos. As ons nie gefokus binne die party bly nie, kan ons ons posisies kwyt wees.”

Chris is baie beskeie oor sy prestasies. Die twee bane van sy treinspoor het in die jare 2011-2013 bykans perfek gebalanseerd geloop. Nie net het hy vordering op ’n plaaslike vlak as raadslid gemaak nie, maar binne die DA is hy 2013 gekies om die verkiesingsveldtog te bestuur vir die hele westelike gedeelte van die Wes-Kaap.
“Dit was ontsettend uitdagend gewees,” vertel hy. “Ons het ’n doelwit gestel van 230,000 stemme uit hierdie streek en het uiteindelik 216,000 daarvan gekry.”
Die harde werk en beplanning het op meer as een manier vrugte afgewerp. In dieselfde tyd wat hy die verkiesingsveldtog bestuur het, het Chris die ellelange nominasie-proses deurgemaak om op die DA se parlementêre-kandidatelys te verskyn.
“Die proses is uitmergelend. Jy gaan deur vyf verskillende stadiums van evaluasie. Van aansoekbriewe, onderhoude, tot drie groot eksamens...”
Eksamens? Regtig?
“Ja! Ten minste in die DA skryf ons! Nie so seker van ander partye nie,” lag Chris. “Jy moet die federale en nasionale grondwet van bo tot onder ken, sowel as ’n goeie algemene kennis hê.”
Daarna volg die uitdunne. ’n Totaal van 1434 aansoekers wat die eerste eksamens en onderhoude geslaag het, word afgeskaal tot 340 kandidate: 40 op provinsiale vlak en 300 op nasionale vlak.
 “As jy gelukkig genoeg is om die finale lys van 300 op nasionale vlak te haal, word jy verder gepeper met agt onvoorbereide vrae wat jy voor ’n paneel van die DA se top-bestuur moet beantwoord.”
Chris het uiteindelik 71ste op die DA se finale kandidatelys geëindig. Die DA het 89 parlementêre-setels in die verkiesing gewen.
“Ek moet sê dat ek nogal baie beïndruk was. Nie net met die deursigtigheid van die proses nie, maar nou dat ek in die posisie [van parlementslid] is, sien ek ook watter uitstekende span ons saamgestel het. Daar is ’n enorme verbetering in die kwaliteit van persoon en verteenwoordiging van die deursnee Suid-Afrikaner.”
Ek vra hom uit oor sy eerste week as Parlementslid.
“Dit het so vinnig verbygegaan. Van die eedaflegging totdat ons opgevlieg het Pretoria toe vir die President se inhuldiging. Baie greet and eat, jy weet, nie veel werk nie.”

Ná sewe dae van parlementêre-oriëntasie sal Chris hoor op watter portefeulje hy gaan dien.
Hy hoop om sy stempel verder af te druk in ekonomiese ontwikkeling, “maar ongeag, ek weet hoekom ek daar is. As lid van die DA, is ek ernstig oor die rol wat ons vervul as die opposisie. Ons sien onsself as die beskermers van die demokrasie.

“Daarom voel ek nou skoon soos ’n perd wat dagga gevreet het. Ek kan nie wag om te begin hardloop nie!”