Monday 19 May 2014

Better broadband the key to media digitisation

The future of media in South Africa is set to remain in print and not digitally as long as the country doesn’t sort out its lacking broadband capabilities.
This was part of the message Esmaré Weideman, CEO of Media24, gave an intimate group of prospective journalist at the Maties Journalism Department yesterday.
Weideman spoke about the future of South African media with specific reference to both print media and the ongoing move to digital platforms.
“I don’t think we’ve lived in more exciting times,” Weideman started her talk, “good journalism is still just as important.”
She mainly focused on the changing role of the press today and how young journalists should learn to adapt to these changes.
“We constantly have to reinvent ourselves. You need to be able to do many things for many different platforms. Think concise. Think analytical. If you can’t take the heat, get out of the business.”
Even though she admitted that circulation of print media is on a downwards spiral, “it’s not the calamity many think it is. People still read newspapers”. That is why Weideman envisions a plan to “get ahead of the business of news” urging young reporters to follow suit.
The key to achieving this is to start thinking like businessmen by asking how you can present newsworthy information in more manageable and bite-sized chunks to consumers.
Despite insufficient broadband capabilities, Weideman is sure a clear and focused move to various digital platforms, like mobile applications and getting the news on tablet devices, is the way of the future.
Quoting legendary newspaper designer Mario Garcia, she said that the most important skill journalists can attain at university today, is how to be an excellent mobile news editor. According to statistics, online access to Media24’s various websites on mobile devices increased by more than 10% over the last year.
“Mobile editors and content creators constantly need to think what to do next to keep the increasing amount of traffic to these sites. Usefulness is key.”
However, Weideman conceded that without the proper improvements in broadband connectivity, the move to digital cannot commence at the “speed of light” she wants it to.
Arlene Prinsloo, Media24’s national online content coordinator of Afrikaans newspapers, supports this position: “The internet is way too expensive and on top of that too slow. People don’t want to click on links to articles and videos because their data is capped and it takes too long to load.

“At the moment it is not viable for journalist to undertake expensive trips with expensive gear and make a video that muster barely 200 views. From a business standpoint it does not make sense.” 

Sunday 18 May 2014

Die niksseggende mymeringe van ’n nie-gelowige


Al die kontroversie tersyde wou Petrus Malherbe ’n eie opinie vorm oor waarom soveel mense elke Sondag na die Shofar-kerk op Stellenbosch stroom.
Hallo.
My naam is Petrus Malherbe en ek is ’n nie-gelowige.
Ten spyte van hoe dit klink, moet daar geensins gedink word dat ek nie in ’n huis van Christelike-waardes grootgeword het nie.
Geloof maak my net ongemaklik. Die idee van ’n God wat oor alles heers, weet wat ek doen en dink elke minuut van elke dag en voorskriftelik tug as ek iets in Sy oë verkeerd doen, staar my nie aan nie.
Daarom is ek al vir tien jaar ’n totaal apatiese, agnostiese aanskouer van geloof. Ek dwing nie my oortuigings af op ander nie. Ek bekyk hulle net van ’n afstand, en wonder gereeld: wat dryf dié mense elke Sondag kerk toe? Wat sien en hoor hulle daar wat hulle so vasgevang hou in gebed en geloof?  
In my soeke na ’n antwoord het ek op ’n pelgrimstog gegaan na die oorsprong van soveel kerklike kontroversie: die immergewilde Shofar-gemeente op Stellenbosch.
“Daar is mag in Sy woord, soos die waters druis Sy stem...”
Soos mens die Bloemhof-sentrum op Stellenbosch nader op ’n Sondag-aand skuins na ses, voel dit amper asof jy na ’n rock-konsert op pad is. Die skares dra net netjieser klere.
Daar is letterlik duisende mense wat op die massiewe saal toesak. Binne sien ek net ’n see van koppe, lywe en arms besig om te sing en te dans. Die Shofar-band weet duidelik hoe om ’n goeie show op te sit.  
Shofar was al meer in die nuus om al die verkeerde redes: aantygings van okkultisme, intimidasie en geldwassery en selfs dat hulle vir Inge Lotz laat vermoor het.
In 2007 het daar ’n herrie op die Stellenbosch Universiteitskampus losgebars toe Die Matie berig het dat sommige dosente die studente waarsku teen Shofar se sogenaamde “breinwassery”. Stories het rondgeloop dat Shofar-lede glo nie-lede indoktrineer om by die kerkgroep aan te sluit en hulle dan dwing om tien persent van hulle inkomste te skenk. Waarna nuwe lede stadigaan van hulle vriende en familie vervreem word en net binne die kerk nuwe vriendskappe en verhoudinge mag aanknoop.
Op hierdie Sondag-aand in 2014 het ek egter nie ’n Shofar-sekte aangetref nie. Daar was nie ritualistiese drag of kerse betrokke nie. Net über-gelowiges: daardie persone wat hande omhoog soos ’n Dervish rond warrel en sing. En die Shofar-band speel aan en aan en melk elke liedjie vir sy maksimum emosionele impak.
“Amen!” klink luid na elke lied op. Ek is beslis buite my gemaksone. Huiwerig begin ek om die woorde saam te neurie; my hande konfronterend oor my borskas gevou.
“Soos die son op die see se blou, so die Rykdom van Sy trou...”
Shofarians sal gou vir jou vertel hulle kerk is nie van die ‘net-elke-Sondag-variant’ nie. “Daar is die gemeenskapsprojekte en die uitbrei van die kerk se boodskap na verskillende landsdele (sogenaamde ‘church planting’), en dan natuurlik ook die reeks seminare en klasse wat jy kan bywoon,” vertel een van my Shofar vriendinne trots.
Dis die middel van die week en ek is by die Shofar-hoofkwartier in die Eikestad-winkelsentrum. ’n Groepie van sowat vyftien gelowiges – en ek – is byeen vir die eerste van drie ‘Encounter’-sessies wat die kerk (teen R10) aanbied om mense se geloof te versterk.
Die atmosfeer is plegtig, gelaai met ’n oordrewe gevoel van blydskap en samesyn. Elke persoon word verwelkom op sy of haar naam (ons moes vooraf bespreek) en daar word vriendelik gratis koffie en tee aangebied.  Ek hou verby.
Soos ek dit verstaan is die ‘Encounter’-sessies veronderstel om ’n inleidende lesing te wees tot geloof met ’n spesifieke fokus op “wat dit beteken om te glo”. Groot was my verbasing toe ek hier eerder ’n inkoherente reeks gesprekke deur gevestigde Shofarians aanhoor waarin daar geholpe probeer verduidelik word dat jou lewe geensins sonder totale oorgawe aan God kan funksioneer nie.
“Daar is ’n leemte in elkeen van ons,” verduidelik Marinette, terwyl sy duidelik met my oogkontak maak, “en ons kort die geestelike inspuiting vir daardie 180° ommeswaai.
“Daarom gee God jou die bonatuurlike vermoë om nee te sê vir daardie goed wat jou uiteindelik gaan verwoes.”
Wat bedoel sy met ‘bonatuurlike’ vermoë?
“Sodra God aan jou hart begin vat, sal jy meer wil begin hê. Dit is sy bonatuurlike liefde.”
Maar ek dog al hierdie mense is alreeds gelowig? Waarom hulle dan oortuig van God se liefde?
Herbie, geklee in ’n modieuse trui en langmoubroek begin ons te paai dat ons alles moet prysgee vir God ten einde ’n gelukkige lewe te kan lei: “Ons uitsluitlike doel moet wees om soos Jesus te wees: arm van vlees, ryk van gees.”
“Kom bly binne my vanaand, Jesus, kom was my skoon!” bid een van die kerkleiers, Sias le Roux, soos wat die verrigtinge tot ’n einde kom.
Hy draai skielik na ’n Wilgenhoffer in die voorste ry en kyk hom stip aan: “Zander, God sê vanaand vir my jy gaan nie lank lewe nie. Jy gaan nie 90 haal nie. Jy gaan ’n kort, gevulde lewe hê, just go with it...” Die knaap se oë rek nie eers nie, hy knik net sy kop tevrede.
“En aan U is die eer en die lof want U regeer...”
Dit is moeilik om ná tien jaar buite die kerk weer terug te keer na ’n gelowige omgewing sonder om inherent partydig te wees. Die doel van my besoek aan Shofar was egter nie om te kyk of ek oortuig kan word om weer te begin gelowig wees nie. Eerder wou ek weet hoe dié kerk sy boodskap oordra.
Tydens my tweede kerkbesoek het die charismatiese Shofar-leier en stigter, Fred May, die preek gelei. Fred is ’n persoon met ’n intense temperament. Sy boodskap word nie soveel oorvertel as oorgeskree nie. Hy maak seker jy hoor hom, én jy glo hom.
Ek het verstom in my stoel gesit en luister hoe hy teen een na die ander organisasie uitvaar as heidene wat daarop ingestel is met die uitsluitlike doel om die Shofar-kerk te verwoes.
“Gee my ’n Amen!” gil Fred. “Amen!” gil die gehoor soos skape agterna.
Fred koester wrokke.  Hy vaar luidkeels uit teen die Universiteit (“The whole program is designed to keep you out of church!”), Harry Potter (“This Harry Potter-generation wants to cast their spell on us!”), die internet (“Out to silent people like us!”), en geheime organisasies en koshuise se inlywings-praktyke (“In Wilgenhof they put you in a coffin, pierce your nipples and strangle you with a noose!”).
Ek vind Fred se preek aanvallend, opswepend en hy is heeltemal te gemaklik om sý weergawe van feite as die absolute waarheid op die groep af te druk. Hy maak die wêreld uit as ’n plek van geen individuele vryheid, waar niemand ’n besluit vir hom- of haarself kan maak nie, want alles is “in teenstelling met die wil van God!”

Toe Fred uiteindelik na ’n twee-uur-lange preek tot bedaring kom, was ek verlig om my oë vir gebed te kon sluit. Vreemd genoeg was dit steeds net die leë donkerte wat na my terugstaar.  Ek was geensins nader om te verstaan wat hier aangaan nie.        

Wednesday 7 May 2014

Studente-kiesers kom stem kompleet met ’n eie pen

Lank staan net vir ’n leë, bederfde stembriefie? Wat wou!
Kiesers, hoofsaaklik van die Universiteit van Stellenbosch, wat gister hulle kruisies by die DF Malan-gedenksentrum getrek het, was duidelik gereed om seker te maak húl stem word in vanjaar se nasionale verkiesing getel.
Daarom het so baie kiesers met hul eie penne opgedaag.
Dit is gedoen na gelang van die gerugte wat landswyd versprei het dat die Onafhanklike verkiesingskommissie tydens die stemproses penne met “verdwynende ink” aan kiesers gee om hul kruisies mee te trek. As jy dié penne gebruik verdwyn jou merk na ’n rukkie. Enige leë stembriefie sal ongeldig wees. 
Sowat ’n week gelede het ’n epos onder Suid-Afrikaners begin sirkuleer waarin ’n ene Bruce Jenkins, glo vanjaar ’n beampte van die OVK, besluit het om die waarheid oor die penne te openbaar, “want ons lewe in ’n korrupte wêreld.”
In die ketting-epos maan Jenkins alle kiesers om hul eie pen te bring om te verseker hul kruisies verdwyn nie. In die tou buite die DF Malan-gedenksentrum kon etlike kiesers by navrae dadelik hul pen wys.
Unika Schonken en Maryke Wijma, beide studente aan die US, het genoem dat hulle nie net bewus geword het van die moontlike bestaan van die verdwynende ink vanweë die epos wat omgegaan het nie, maar ook omdat een van hul lektore dit spesifiek aan hulle genoem het.
“Dit is ’n verskillende ding as dit eers net ’n spam-epos is, maar as jou dosente sulke goed begin sê dan neem jy dit ernstig op,” het Schonken gesê.
“Dis Afrika dié, wie weet wat om te verwag?” het ’n ander student Daniel Jansen van Vuuren genoem terwyl hy aan sy BIC-pen vasklou. “Met hierdie meneer weet ek my kruisie blý op my stembriefie.”
Party kiesers was nie bewus van dié teorie nie en het inderhaas rondgeskarrel om hul eie skryfding te bekom. “Ek het nie hiervan geweet nie, maar nou is ek erg bekommerd. Dit is heeltemal moontlik in ons land,” het Olivia Anthony oor die saak gepeins.
In ’n verklaring laasweek het die OVK se media-skakelpersoon, Lydia Young, die gerugte as bog afgemaak: “Ons is nie bewus van enige insidente waar die merk op die stembriefie verdwyn het nie, so daar is geen rede vir kiesers om hul eie penne na die stemlokaal te bring nie.”
Liezl Louw van die plaaslike OVK-kantoor wou nie addisionele kommentaar oor die saak lewer nie.

Dit is nie die eerste verkiesing waarin gerugte van verdwynende ink gemaak word nie. Tydens die onlangse verkiesings in Zimbabwe en Egipte is beskuldigings rondgegooi dat sulke penne vanaf Indië ingevoer is. In die geval van Egipte was dit na bewering meer as 180 000 penne, berig The Witness.   

Sunday 4 May 2014

Die toekoms van die media onder die loep

Dit is belangrik vir die regering om te belê in die diversifisering van die media ten einde die demokrasie van Suid-Afrika te bevorder.
Só meen Mark Weinberg, ’n aktivis van die Right2Know-veldtog wat hulself beywer om media vryheid in Suid-Afrika te behou.
Weinberg het tesame met Johanna van Eeden, redakteur van Volksblad, en Tim du Plessis, uitvoerende redakteur van Afrikaanse nuus by Media24, ’n intieme groep by die Departement Joernalistiek van die Universiteit van Stellenbosch op die vooraand van Nasionale Persvryheidsdag toegespreek.
Die fokus van die gesprek was 20 jaar van mediavryheid binne ’n demokratiese Suid-Afrika.
Weinberg voer aan dat dit die regering se verantwoordelikheid is om te belê in kleiner vorme van media, soos gemeenskapsradio en -koerante, sodat diverse vorme van media tot ’n diverse en florerende demokrasie  kan lei.
“Vandag gaan dit alles oor kommersialisasie,” voeg hy by. “Joernaliste werk vir al hoe minder geld en word stories gevoer deur die groot maatskappye waarvoor hulle werk, wat ʼn monopolie oor die mark het.”
Op ʼn stadium het Weinberg spesifiek verwys na Media24 as voorbeeld van hoe groot media-maatskappye nie behoort op te tree nie.
“Die regering moet sterker mededingingswette in plek stel. Groot maatskappye soos Media24 moet nie toegelaat word om meer as 40% van die mark te beheer nie.”
In ʼn onverwagse wending het Du Plessis saamgestem en gesê dit is nodig om te onthou dat die media in sy huidige formaat nie meer vir lank behoue sal kan bly nie, “want die besigheidsmodel laat dit eenvoudig nie toe nie”. Hy verlaat die einde van die maand sy pos by Media24.
Du Plessis is dit eens dat die toekoms van die media in Suid-Afrika binnekort afhanklik gaan wees van óf staats- óf filantropiese befondsing.
Weinberg het bygevoeg dat die vryheid van die media net behoue sal kan bly as “joernaliste se belange nie verstrengel raak met dié van die maatskappy waarvoor hulle werk nie”.
Volgens Van Eeden is dit verwant aan die kwessie van joernalistieke etiek: “Dit vorm die ruggraat van goeie joernalistiek. Daarom moet etiese gedrag nie as ʼn hindernis gesien word nie, maar eerder as ʼn hulpmiddel in goeie beriggewing ingespan word.”
Du Plessis het herhaal dat Suid-Afrikaanse joernaliste nie te selfvoldaan moet raak met die vryheid wat hulle nou het nie. “Die politieke speelveld is besig om te verander en die regering gee nie meer om oor die publiek se reg om vrye toegang tot inligting nie.”

Daarom moet joernaliste gereed wees om na ander platforms – soos die internet – te verskuif waar die regering nie soveel regulerende mag het nie, meen Weinberg.