Ná die onlangse selfdood van Hollywood akteur en komediant Robin Williams, het die wêreld weer regopgesit oor die realiteit van depressie en die gevolge daarvan.
Williams het volgens beriggewing vir jare aan depressie gelei en op Maandag 11 Augustus homself met ’n belt versmoor. Hy was 63 jaar oud.
Hoewel Williams moontlik aan ’n vorm van kliniese depressie gelei het weens sy somtydse misbruik van dwelms en alkohol sowel as sy diagnose met Parkinson se siekte, is daar verskeie oorsake vir hierdie siekte wat meer as 350 miljoen mense wêreldwyd affekteer.
’n Studie deur navorsers aan die Universiteit van Adelaide in Australië wat vroeër vanjaar in die gesogte wetenskapsjoernaal Sleep Medicine verskyn het, het bevind dat gevalle van chroniese slapeloosheid ook aktief tot depressie kan bydra.
Die navorsingsleier, Pasquale Alvaro, het aan die internet koerant Science Daily gesê dat daar “’n groeiende bewustheid onder die wetenskaplike gemeenskap is wat slapeloosheid, depressie en angsversteurings met mekaar verbind aangesien hierdie versteurings oorvleuelende neurobiologiese-, sielkundige- en sosiale-risikofaktore bevat.”
Volgens Alvaro kan slapeloosheid nie net vererger word deur gevalle van depressie nie, maar kan slagoffers daarvan ook aan depressie begin lei juis weens die feit dat hulle nie kan slaap nie.
“As ’n persoon sukkel om te slaap, maak dit hom in baie gevalle angstig,” verduidelik dr. Willem Naudé, ’n mediese-praktisyn van Pietermaritzburg.
“Hoe meer slaap die persoon verloor, hoe erger is die moontlike effek wat dit op sy psige en geestesgesondheid kan hê. Die effek van slapeloosheid is net soveel fisiologies as psigologies.”
Naudé voeg by dat dit baie moeilik is om te kan bepaal of slapeloosheid tot depressie lei en of depressie nie moontlik die oorsaak van die slapeloosheid is nie.
“Dis soos om ’n hand vol spaghetti te probeer ontrafel; alles is aan mekaar gebind sonder ’n duidelike punt van oorsprong.”
Volgens navorsing deur die National Sleep Foundation in die VSA, kan slapeloosheid nie net lei tot ’n gebrekkige geestesgesondheid nie, maar ’n mens bou as’t ware ’n vorm van “slaap-skuld” op.
Die NSF verduidelik dat ’n gebrek aan slaap ook gekoppel kan word aan ander gesondheidsprobleme soos vetsug en hoë bloeddruk, negatiewe stemming en gedrag en verlaagde produktiwiteit.
Jana Krige (24), self ’n jare-lange depressielyer, meen haar geestesgesondheid het ’n direkte impak gehad op haar slaappatroon.
“Die slaap het net weggebly. Jy lê en rol rond en probeer aan die slaap raak, maar hoe meer dit wegbly hoe meer angstig word jy.
“En daardie angs maak dat jy al meer depressief begin voel wat dan die slaap net al hoe meer weghou. Dis ’n sneeubal-effek.
“Dit was aaklig om ná sulke aande bedags normaal te funksioneer.”
Volgens Naudé is daar nie veel wat slagoffers van slapeloosheid en depressie met onmiddellike effek aan die saak kan doen nie. “Die oorsprong van die slapeloosheid moet eers bepaal word, en dit is meermale makliker gesê as gedaan.”

No comments:
Post a Comment