![]() |
Wikus Brink, Stephanie Page en Anneke van Heerden: Húlle lees hul nuus nog in koerante. |
Om hierdie vraag te kan beantwoord, dwing
dit 'n persoon tot retrospeksie oor waar hy of sy die nuus vandaan kry. Waar lees ons nuus? Of hoor ons
dit eerder? Wat is die mees betroubare bron van nuus? Hoe weet
ons wat ons
lees is geloofwaardig en beskik
oor die nodige gravitas?

oor die nodige gravitas?
Die vrees bestaan in vandag se
tegnologies gejaagde wêreld dat ou tradisionele forme van nuusbronne -
byvoorbeeld koerante, tydskrifte, oftewel print-media - besig is om uit te
sterf. Mense vra gereeld of koerante nog 'n relevansie het. Die antwoord
is baie keer nie 'n goeie vooruitsig vir die print-media nie.

Stephanie Page van Bellville vertel
dat sy nie as kind baie belanggestel het in nuus nie. "Nee, my pa het my
alles vertel wat in die nuus aangaan - hy koop soos drie koerante 'n dag! - ek
het dinge maar by hom gehoor en nooit regtig self nuus gaan soek nie."
Anneke van Heerden, ook van Bellville, vertel weer hoe sy van kleins af
vasgeklou het aan koerante soos Die Burger as nuusbron.
"Veral as dit saam met die Huisgenoot kom!"
Sy sien koerante as "bronne van
ons tyd" en veral waardevol vir eendag wanneer daar navorsing gedoen gaan
moet word oor hierdie tyd en plek waarin ons nou lewe. "Sosiale media bied
nie dieselfde nie. Dit is nie so 'n betroubare en volhoubare bron soos koerante vir navorsing nie," verduidelik sy verder.
By navrae of hulle enigsins
tegnologies georiënteerd is, kom die antwoord wel vinnig: beslis! Vir
onmiddellike nuus is selfone en die internet in vandag se tegnologiese wêreld
steeds baas. "As ons hoor iets het so pas gebeur - 'n groot gebeurtenis
soos byvoorbeeld Nelson Mandela se dood - sal ons eerste op ons fone gaan en
daarna op Google om verskeie opinies te gaan opsoek" vertel
Stephanie.
Videos is ook verbasend genoeg nie vir
hulle enigsins 'n trekpleister nie. "Videos maak mense lui om te
lees" sê
Stephanie. As 'n stuk goed genoeg geskryf is om haar aandag te behou, gee sy nie om om lang stukke teks te lees nie. "Die koerante is juis daar vir die dieper insig die volgende dag."
Stephanie. As 'n stuk goed genoeg geskryf is om haar aandag te behou, gee sy nie om om lang stukke teks te lees nie. "Die koerante is juis daar vir die dieper insig die volgende dag."
Televisie het wel nog altyd 'n
belangrike rol vervul. " 'n Gebeurtenis soos 9/11 is iets wat ek op TV
gesien het en kan onthou," vertel Anneke. "Maar 24-uur nuuskanale
vandag kan baie herhalend raak." Die subjektiewe aard daarvan is ook vir
die groep problematies. 'n Duidelike pro-Amerikaanse temperament van nuuskanale
soos Fox word uitgesonder. "Mens moet net Al Jazeera kyk," meen Anneke. Net om vinnig
te onthou dat daardie nuuskanaal ook maar sy eie vooropgestelde agenda die
wêreld instuur.
Wikus Brink, Stephanie se kêrel, meen
die internet moet vry en gratis bly as nuusbron, maar dat instansies soos Die
Burger 'n subskripsie-fooi kan vra om hulle kostes te dek. En vandaar
kan goed soos gespesialiseerde nuusgewing spruit. "As jy hou van politieke
nuus, dan kry jy net politieke nuus."
Dié drie kon land en sand gesels oor
die aard van nuuswerwing in vandag se samelewing. Die belangrikheid van sosiale
media om van "almal van ons nuusskrywers te maak" tersyde, bly hulle
dit eens: koerante is hier om te bly. En dit is verfrissend om te hoor.
Foto's: Petrus Malherbe, Twitter, Die Burger, ENCA, Al Jazeera, News24
Vir 'n uittreksel uit die volledige onderhoud waarin dié drie oor hul media-gewoontes gesels, luister gerus hier:
No comments:
Post a Comment