Die opdrag: dis middagete op Matieland...Wat is nuus?
Daar word spottenderwys tussen die glashok se vier mure gefluister hulle laat ons net uit as ons met nuus moet terugkom. Dit is nie altyd maklik of lekker om kreatief te werk te gaan met jou omgewing opsoek na nuus nie. Maar waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Gelukkig was die Rooiplein tot barstens toe vol studente. Dis Matie-week op kampus.
Verward staan Alita Wilkens en wonder waarheen nou...
"Hier is so baie mense, maar ek weet nie wat om hulle te vra nie," sê sy. "Miskien sal die stories eers uitkom nadat hulle 'n paar glase wyn inhet."
Dit is vandag #WynOpDieRooiplein en duisende studente staan saamgedrom rondom lendelam tafeltjies en kry klein slukkies van die beste Bolandse wyne. Etlike klasmaats skarrel rond met fyn oë en notaboekies opsoek na iemand wat uitstaan tussen die skares om oor verslag te doen.
Skynbaar is dié Matie-studente vandag gans en al te rustig. Vir Alita gaan daar geen storie hier wees nie.
Sy baan haar weg deur die skares heen. Die Neelsie is self 'n nes van gesigte oppad na iewers en nêrens. Sy hoor 'n kug. Sy kry skielik 'n briljante plan. Sy stuur dadelik 'n Tweet uit.
Hmm weet iemand van siek mense...moet 'n storie kry? #Journalism2014 #almaldrinkwyn #ekmoetwerk @PetrusMalherbe
— Alita Wilkens (@AlitaWilkens) July 30, 2014
Vir haar staan die saak nou so: mense raak siek. Die hele tyd, maar veral nou in die winter. Sal daar dalk nie 'n storie wees om te kyk na watter medikasie siek studente moet kry hierdie winter nie? Gou stap sy by die apteek in om meer te gaan uitvind oor die beste medikasie. Die apteker-tannies is vriendelik en bedagsaam. Alita se glimlag maak wyd vir haar deure oop.
Gou is sy weer daaruit, slaggereed met 'n praktiese lys van moet's-en-moenie's vir die winter.
Gaan kyk na wat sy mee vorendag gekom het hier.

Tamsyn Lunt verlaat die glashok met presies dieselfde dilemma: wat is nuus op kampus vandag? "Ek dink nie daar gaan vandag iets drasties op die Rooiplein gebeur nie," sê sy gou, "maar dis eersdaags Sêr en daarin lê altyd 'n storie."
Tamsyn kyk fyn of sy nie iemand raaksien wat sy weet in Sêr vanjaar gaan sing nie. Haar opsies is bykans legio: hierdie dame ken omtrent almal wat verbykom. Slaggereed met haar iPhone trek sy 'n eerstejaar nader wat saam met haar in Lydia-dameskoshuis is: "Wat dink jy van vanjaar se Sêr, Tanya?" Tanya trippel nie op haar tone nie en kort voor lank is Tamsyn daar weg met 'n lekker storie.
Vir die vier dinge wat elkeen vanjaar van Sêr moet weet, gaan kyk na wat Tamsyn kwytraak hier.

Beide Roxanne en William het besluit om die mengelmoes skares op die Rooiplein as hoeksteen vir hul onderskeie stories te gebruik, maar moet nou eers die regte invalshoek kry.
Ook al wanr hul ons hier uit laat is om goed te gaan soek wat ons langer gaan binne hou... #journoproblems #departmentofindenturedservitude
— William Horne (@whornejourno) July 30, 2014

By die video het William ook 'n kort stukkie teks geskryf, wat jy hier kan lees. Die video kan jy ook onderaan hierdie skrywe sien.

Teen die einde van die dag het al 24 joernalistieke studente met stories na die klas teruggekeer. Dit is inderhaas getik, geredigeer en op elkeen se individuele blogs geplaas. Wys net: waar daar 'n wil is, is daar 'n weg! Veelsydig, flink en vinnig: dis die joernalistieke klas van 2014!
Lekker lees!
Vandag is die B.Phil klas losgelaat om 'n storie te skryf m.b.v. sosiale media. My projek oor #wynoppierooiplein : http://t.co/QRk7iufaTV
— Roxanne Eastes (@Foxanne_2) July 30, 2014
No comments:
Post a Comment